Aug & Nov 2000, Sept 2002, Febr 2003
Zevenfontein’s route offers a view on a combination of natural renosterbos and fynbos veld, orchards and vineyards in the Agterkliphoogte valley. When the owner went to the drawing board to plan this route, he already had 4x2 diff-lock vehicles in mind.

The result was a 4x2 / 4x4 route with 4x2 diff-lock obstacles like cross axle twisters, "mellowed" trenches and dongas, sharp up-hill curves, safe short downhills and a sandy patch, just long enough to get a vehicle stuck once, if the driver does not stick to the rules of sand driving.

The two steep circular mountain tracks which we will do on Saturday are for 4x4’s with low range only. They were added to the farm’s route menu two years after the introduction of the 4x2 route.

The Condor and Kia, which once joined us on this part of the route, proved to be capable of gliding over a steep rocky terrain like this. The steep sand hill at the end of this circle is only for those looking for tough challenges.

Zevenfontein’s routes are long enough to keep you busy for two days.

ban3_facilities.gif (630 bytes) The bush camp with its hot "donkie’ heated shower and flush toilet is a popular overnight spot.
Phone Derik Prins at 082 294 3103 or 023 626 2173 for bookings at Zevenfontein’s campsite. Robertson Tourism will be able to supply you with a list of accommodation establishments in their area. Phone them at 023 626 4437 for more information.
The 4x2 / 4x4 off-road route is about 17 km long. The steeper mountain section, accessible for 4x4’s only, is about 16 km long.
Zevenfontein is about 35 km from Robertson.
For bookings contact Derik of Anchen Prins 082 294 3103 or 023 626 2173.

arrow.gif (59 bytes)RETURN TO: ADVENTURES
arrow.gif (59 bytes)GO TO:  ENGLISH | ZEVENFONTEIN PICS
| REPORTS / VERSLAE | TOP OF PAGE
September 2002
Zevenfontein se roete bied pragtige uitsigte oor die Agterkliphoogtevallei en Robertson se Langeberg. Die roete is reg van die begin af met 4x2’s ook in gedagte, uitgelÍ. Daar is dus ‘n lang veldroete waar verskeie spesiale 4x2 ewenaarslot hindernisse soos oorkruisgate, dwarsslote, kort draaie, veilige steiltes en ‘n klein bietjie sand is. Diť deel is vir beide 4x2’s en 4x4’s. Ons gaan saterdag die steil bergdeel waar net 4x4’s met lae ratreekse dit sal kan maak, aanpak. Ek het al ‘n Condor en Kia saam met my daar uit gehad, en hulle het redelik goed gedoen. Aan die einde van die roete is daar ‘n steil sandbult waar net diť met baie moed dit waag.

Zevenfontein se roetes is lank genoeg om jou twee dae lank besig te hou.

ban3_fasiliteite.gif (682 bytes) Die boskamp met sy basiese geriewe van ‘n warm stort en spoeltoilet is ‘n baie gewilde oornagplek.
Skakel Derik Prins by 082 294 3103 of 023 626 2173 vir besprekings by Zevenfontein se kampplek. Robertson Toerisme het ‘n volledige lys van blyplekke in die Robertson distrik. Skakel hulle by 023 626 4437 vir inligting.
Die 4x2 / 4x4 veldroete is sowat 17 km lank en die steiler bergroete vir 4x4’s alleen, is sowat 16 km lank.
Zevenfontein is sowat 35 km vanaf Robertson.

Vir bespreking en meer inligting, kontak Derik of Anchen Prins 082 294 3103 or 023 626 2173.

deur Pieter Conradie

Baanbrekerswerk is deur Braham van Zyl en Derik Prins gedoen met die uitleg en bekendstelling van die Zewefontein 4x2 roete in die Agterkliphoogte vallei in Robertson se distrik. Die opening van die roete op 2 September 2000 het groot belangstelling gelok. Selfs MotorBurger het die vorige Donderdag vier spesiale blaaie oor hierdie “nuwe” sportsoort gepubliseer.

Braham het sy idee om ook roetes vir ligter 4x4's en bakkies met ewenaarslotte te skep ‘n ruk terug met Derik gedeel. Derik het lank reeds ‘n idee gehad om ‘n 4X4 roete daar by hulle te open en hierdie geselsie met Braham was net waarvoor hy gewag het. Hy het dadelik begin om 'n roete oor sy plaas uit te lÍ. Die raad van 'n 4x4-klub is ingewin en die roete is geklassifiseer as 'n 1 tot 2 gradering.

Derik is trots op sy plan om ou vergete plaaspaadjies skoon te maak deur slegs ‘n groot buiteband agter 'n trekker te sleep en sodoende die ouer, harder renosterbossies plat te sleep, terwyl die jonger sagter bossies bly staan om die grond te bind. Op hierdie manier word die omgewing minimaal versteur. Een deel van die roete volg hoeka die ou Kaapse wapad wat van McGregor af oor die berge na Villiersdorp se kant geloop het.

Daar was ‘n wye verskeidenheid voertuie vir die opening teenwoordig.  Ek was daar met 'n Honda CRV om te kyk hoe sů ‘n kleiner 4X4 op Sewefontein se roete sou vaar. Ander voertuie wat daar teenwoordig was, was die hoŽr geboude Toyotas en Colts en Izuzu en Nissan se effens lae bakkies. Braham het met ‘n omboude Toyota HiAce bussie daar opgedaag, en diť het, behalwe vir die sand, oral deurgekom, tot selfs waar van die ander bakkies vasgehaak het.

Ons is gelei deur oom Danie de Wet, ‘n plaaslike boer wie ons op die hoogte gehou het van wat alles daar by hulle in die vallei gedoen word. Hy het natuurlik in sy splinternuwe 4x4 Colt voor gery, maar belowe dat hy die heeltyd net in 4x2 sou ry. Dit is tog net jammer dat hy nie ook saam met die ander deur die moddergat wou ry nie. Waar hy rustig deur dongas kon ry, het heelwat van die minder ervare bestuurders se voertuie vasgesteek. Hier was dit groot pret om te help raad gee en soms te stoot ook!

Die roete gee 'n mooi beeld van die veld en daar is pragtige vergesigte oor die Agterkliphoogte vallei van die hoogtes af. Op een plek stap die besoekers 'n ent die bergkloof in tot by 'n opgaardam vanwaar hulle kan uitkyk oor die berge met hulle pragtige rotsformasies.

'n Hoogtepunt vir almal, was die uittoets van die voertuie in 'n sandgat, waar net oom Danie nie vasgeval het nie! Tot groot vermaak van die vrouegeselskap moes die mans omtrent stoot om elke voertuig uit te kry, terwyl daar luidkeels raad geskreeu was vir die bestuurders. Braham het so deeglik gaan vasgeval dat hy genoeg geleentheid gekry het om sy wonderlike hooglig domkrag te kon demonstreer, ook te midde van baie advies! Die rede vir die vasvallery; niemand wou bande afblaas nie, want ons ouens het mos nog nie daardie wonderlike pompe wat die 4X4 manne het om na die tyd weer lug in die bande te kry nie.

Die groep was bevoorreg om na die tyd saam met Derik en sy gesin in 'n beskutte bos te kon braai waar die dag se wedervaringe goed deurgesels is.

Die platteland is deur hierdie uitstappie oop gemaak vir mense wat gewoonweg net op groot paaie hou. Die ontdekking van die Agterkliphoogte kelder, waar ons heerlike wyne geproe en teen uiters billike pryse kon koop, was miskien een van die grootste verrassings van die dag. 'n Mens kan net vertrou dat die besoek van die 4x2 groep ook vir die lieflike boeremense positief was, sodat nog stadsjapies so 'n voorreg mag smaak.

Ons het die Saterdagaand na die byeenkoms by “Green Gables” te McGregor oorgeslaap, en wat ‘n lekker ervaring was dit nie! Die kos is uit die boonste rakke en die plek mooi uit die ou tyd. Die gasheer en gasvrou het baie moeite gedoen om ons kuier persoonlik en warm te maak. Teen R130 / persoon vir bed en ontbyt is dit ‘n winskoop. Die volgende dag het ons via Stormsvlei na Greyton gegaan vir ‘n heerlike middagete by die Post House. Dit was ‘n pragtige pragtige pad daarheen, met die mooiste groen velde en helder geel canola lande oral om ons! Met sneeu op die berge en die nat, modderige pad, was dit die soort van terrein waarna ons en ons Honda CR-V lankal verlang het.

Besprekings vir die Zewefontein roete kan gedoen word by tel (021) 975-6531. ‘n Minimum van twee voertuie word toegelaat, omdat daar verskeie plekke is waar daar hulp nodig mag wees om deur te kom. Wie langer wil kuier, kan natuurlik oorbly. Ons het hoeka diť dag net die helfte van Zewefontein se roetes kon doen. Op Zewefontein is ‘n boskamp met koue sort en putlatrine, terwyl daar selfsorg huisies op naburige plase beskikbaar is.

TOP OF PAGE

Beste Braham,

Daar is Saterdagaand na die Zewenfontein 4X2 rit baie gesels op pad huis toe. Gister en vanoggend was daar heelwat herlewinge/ nabetragtings opgediep, en gaan daar vorentoe nog baie gesels en herlewing wees.

Julle roete en die aanbieding daarvan het ons stoutste verwagtings oortref. Ek wou nog altyd my bakkie op 'n ordentlike manier gaan knoop, en nou sien ek uit na die volgende keer. Jou leiding en hantering van die groep tesame met oom Danie en Derik se gasvryheid het ons maar net weer laat besef ons is deel van 'n wonderlike ou volkie en land, waar ons ons eie besonderse en unieke mense en natuur kan.

Nou. 'n Ander uitstaande kenmerk was ook die gewilligheid om mekaar te help wanneer daar 'n probleem was. Ook die goedige gespottery onder die klomp vreemdes het die atmosfeer gou-gou in 'n groep wat wou saam kuier verander.

Van die os op die jas, ek het nou gister eers weer goed onder die Nissan gaan lÍ en gaan kyk waarmee ek gelukkig is en wat nie. Ook al my statistieke en eienskappe. Die nuwe 4x2 Colt en Toyota modelle het eers so drie maande na ek my Nissan gekoop het uitgekom. Die verskil in vryhoogte asook die "departure/approach" hoeke verskil aansienlik van myne. Colt en Toyota het dit dieselfde gehou vir hulle 4x4 en 4x2's waar Nissan en Isuzu se 4x2's laer is met laer hoeke as hul 4x4 maatjies. Ek het vanoggend 'n epos vir Nissan gestuur om te hoor wat kan gedoen word. Ek het 'n 100,000 km / 5 jaar onderhoudsplan tesame met my waarborg uitgeneem en wil nie sommer enige modifikasies laat aanbring sonder hul goedkeuring nie. Dan wil ek ook van daardie bande wat nie "balloon" as mens hul afblaas nie, ontslae raak.

Groete en weereens baie dankie, dit was heerlik!

Eddie Lambrechts

TOP OF PAGE

Hi Braham

Just a quick note of thanks for a great day on the Zevenfontein route. It was thrilling being part of the 4x2 inauguration!

Since getting the 4x2, I’ve been looking for an opportunity to go play with some friends, and some folk with similar vehicles. One does not want to go into serious bush with a fairly new bakkie. One does not want to travel to a 4x4 venue, only to discover that the 4x2 cannot make it. One also does not want to embarrass oneself by going on a 4x4 outing, and then have to be pulled out of trouble and irritate the 4x4 folk. Imagine my excitement when I saw your advert in Die Burger for a 4x2 outing!

Some of the highlights:

Breakfast at Rawsonville’s Kelkiewijn; good thing Cois opened the pub for a wake-em-up-em, and I’m looking forward to when he gets the 4x2 route going there. The visit to Agterkliphoogte Cellar; very good sweet, I think it was a Jeripico. And not a bad red, especially the second bottle around the fire that evening!

The route over the mountain I thought was just right. A bit of a test, but nothing to kill the bakkies (or the Tupperware! – read C-RV)

Lots of fun playing in the sand pit - and the Tupperware was the only one to (almost) get through. Will have to practice a bit before the next trip, and remember to take my pump.

The walk up the kloof and hearing from oom Danie about the pieknieks they’ve had there. Always amazing finding such beautiful rock pools in a rugged, dry mountain area.

The braai the evening, and the opportunity to compare notes about the day, and chat some more to Derik and oom Danie about the goings on in the Agterkliphoogte area.

Just one thing - did you HAVE to publish a picture of MY bakkie stuck in the sand? (At least one cannot see the registration number - I’d never live it down.) As I said - I’m practicing for next time!

Thanks again, doen so voort en groetnis tot volgende keer.

Merryck Snyman

TOP OF PAGE

Hi Braham

Just a quick note of thanks for a great day on the Sewefontein route. It was thrilling being part of the 4x2 inauguration!

Since getting the 4x2, I've been looking for an opportunity to go play with some friends, and some folk with similar vehicles. One does not want to go into serious bush with a fairly new bakkie. One does not want to travel to a 4x4 venue, only to discover that the 4x2 cannot make it. One also does not want to embarrass oneself by going on a 4x4 outing, and then have to be pulled out of trouble and irritate the 4x4 folk. Imagine my excitement when I saw your advert in Die Burger for a 4x2 outing!

Some of the highlights:

Breakfast at Kelkiewijn; good thing Cois opened the pub for a wake-em-up-em, and I'm looking forward to when he gets the 4x2 route going there. The visit to Agterkliphoogtewynmakery; very good sweet, I think it was a Jeripico? And not a bad red, especially the second bottle around the fire that evening!

The route over the mountain I thought was just right. A bit of a test, but nothing to kill the bakkies (or the Tupperware!) Lots of fun playing in the sand pit - and the Tupperware was the only one to (almost) get through. Will have to practice a bit before the next trip, and remember to take my pump.

The walk up the kloof and hearing from oom Danie about the pieknieks they've had there. Always amazing finding such beautiful rock pools in a rugged, dry mountain area.

The braai the evening, and the opportunity to compare notes about the day, and chat some more to Derik and oom Danie about the goings on in the Agterkliphoogte area. Just one thing - did you HAVE to publish a picture of MY bakkie stuck in the sand? (At least one cannot see the registration number - I'd never live it down.) As I said - I'm practicing for next time!

Thanks again, doen so voort en groetnis, tot volgende keer.

Merryck
8 November 2000

TOP OF PAGE

Beste Braham

Ek en my gesin het die Zevenfontein Roete en die uitkamp terdeŽ geniet - daarvoor wil ons vir jou bedank en veral ook vir Derik en Anchen wat so baie moeite gedoen het. Hulle gasvryheid was wonderlik en ons het gou tuis gevoel. Die ‘vrou se hand’ is duidelik te bespeur by die ablusieskerm.

Groetnis

Anton de Lange
18 Desember 2000

TOP OF PAGE

Beste Braham

Die uitrit Zevenfontein toe was heel lekker. Ek moet sÍ ek was by die sandbult na die stompebrug nogal skrikkerig dat die Sani nie opgewasse sou wees vir die takie nie maar hy het homself daarna heel goed gedra. Ongelukkig het ek running boards [excaliburs] op wat die voertuig baie laag maak en dit het bietjie gepla. Maar die outing was heerlik en die swem in die bergpoel en braai daarna onder die bome was hoogtepunte. Derik was wonderlik gasvry en dit het baie bygedra tot ‘n genotvolle dag. All in all was die outing baie lekker en moet beslis herhaal word.

Groete Francois Conradie