ban3_cerestoceder.gif (2222 bytes)

June 2002

A long forgotten postal route over the mountains, accessible for both 4x2’s and 4x4’s as well as the Kliphuis Kloof 4x4 route.

Elandsvlei is a farm situated about halfway between Ceres and Calvinia on the Ceres Karoo road. Although it is a working farm, the owners also offer visitors accommodation and the 59 km Kliphuis Kloof circular 4x4 route.

What very few people know is that there is also a beautiful route, accessible to any vehicle with high ground clearance, running from Elandsvlei to the Biedouw Valley on the road running between Clanwilliam and Wuperthal. Between the two there are a river and a mountain you have to cross. Only organised groups are allowed on this route.

At Elandsvlei farm you can hide from the rest of the world. With a combination of mountain and flatlands of about 17 000 ha there is plenty of space. It is one of the most beautiful places I’ve ever been to. Camping somewhere along the Doring River at one of the wilderness camps may give you the feeling of being a real explorer in a new world.

Inexperienced 4x4 drivers should stay away from the Kliphuis Kloof route. Although most of the route is fairly easy going, there are a long and difficult drift to pass and a very steep rocky climb to the top of the mountain, which need skillfull driving.

On the other hand the forgotten postal route between Elandsvlei and the Biedouw Valley is accessible to both 4x2 and 4x4 vehicles. It will take you from the dry rocky Ceres Karoo flats to the top of the mountain where the fynbos growth is higher than your car.

Those of you who still hesitate to visit Elandsvlei will definitely book after reading the report below [click to page down], written by my son, Herbie. It is in Afrikaans but you will agree that translating this to English will do away with Herbie’s special way of describing his impressions. We did the route from the Clanwilliam side during that visit.

ban3_facilities.gif (630 bytes)

Two cottages a few kilometers from each other, and a sheltered cave.
Wilderness campsites on the banks of the Doring River.
The Kliphuis Kloof circular 4x4 route.
The old postal route to Clanwilliam, accessible to 4x2’s and 4x4’s.

Kliphuis Kloof 4x4 Route: 59 km
Postal Route from Elandsvlei to the Biedouw Valley in the Cederberg: 55 km

Elandsvlei to Ceres: 154 km
Elandsvlei to Calvinia: 116 km

Access to both off-road routes is from Elandsvlei.

Contact Cobus or Tilla Hough at 027 341-2326 for accommodation and the off-road routes.
The bookings for our weekend of 5 – 7 September 2003 closes on Friday 8 August. Contact Braham van Zyl at 082 457 0019 or e-mail: braham@explore-sa.com to book.

Junie 2002
‘n Lank vergete ou posroete oor die berge vir beide 4x2’s en 4x4’s en ook die Kliphuis Kloof 4x4 roete.

Elandsvlei is ‘n plaas wat ongeveer halfpad tussen Ceres en Calvinia langs die Ceres Karoo pad geleŽ is.

Alhoewel dit ‘n werkende plaas is, bied die eienaars ook akkommodasie en die 59 km lange Kliphuiskloof 4x4 sirkelroete aan gaste.

Min mense weet egter dat daar ook ‘n lang vergete ou posroete, wat heel begaanbaar vir voertuie met hoŽ grondvryhoogte is, oor Elandsvlei na die Cederberg se Biedouwvallei loop. Tussen-in is daar ‘n rivier en ‘n berg waar jy moet oor. Dit is egter slegs vir georganiseerde groepe toeganklik en dit is daardie roete wat ons gaan ry.

Met Elandsvlei se kombinasie van 17 000 ha se berge en vlaktes is daar genoeg plek om vir die res van die wÍreld te gaan wegkruip. Dit is beslis een van die mooiste plekke waar ek nog was. Daar waar jy in afsondering teen die Doringrivier kamp, kan jy maklik soos ‘n ontdekker van ‘n nuwe wÍreld voel.

Onervare 4x4 bestuurders moet liefs van die Kliphuiskloof roete wegbly. Alhoewel die grootste deel van die roete maklik is, is daar ‘n lang en moeilike drif om oor te gaan en ook ‘n moeilike klipperige steilte na die kruin van die berg wat nogal heelwat veldry ervaring vra.

Daarteenoor is die vergete posroete tussen Elandsvlei en die Biedouwvallei toeganklik vir 4x2’s en 4x4’s. Dit sal jou vanaf die droŽ rotsvlakte van die Ceres Karoo na die kruin van die berge neem waar die fynbos hoŽr as jou ryding groei.

Wie nog twyfel of hulle ooit sulke onbekende weŽ sal wil aanpak sal beslis wil gaan as hulle eers die beskrywing van toerleier Braham van Zyl se seun Herbie van hulle verkenningstog daarheen gelees het.

Lees die reisindrukke deur Herbie (15) van ‘n wegbreeknaweek toe hulle hierdie roete in Junie 2002 gaan verken het. [kliek hier vir verslag]

ban3_fasiliteite.gif (682 bytes)

Twee vakansiehuisies ‘n paar kilometer weg van mekaar en ‘n toegeboude grot.
‘n Aantal wilderniskampplekke op die wal van die Doringrivier.
Die Kliphuiskloof 4x4 sirkel roete.
Die ou posroete tussen Elandsvlei en Clanwilliam, toeganklik vir 4x2’s en 4x4’s.

Die Kliphuiskloof 4x4 sirkelroete is 59 km lank. Die posroete tussen Elandsvlei en die Biedouwvallei is 55 km.

Elandsvlei tot Ceres: 154 km
Elandsvlei tot Calvinia: 116 km

Toegang na die Kliphuiskloof 4x4 roete en die ou posroete is vanaf Elandsvlei.

Kontak Cobus of Tilla Hough by 027 341-2326.
Ons besprekings vir die naweek van 5 – 7 September 2003 sluit op Vrydag 8 Augustus. Kontak Braham van Zyl by selfoon 082 457 0019 of e-pos: braham@explore-sa.com om daarvoor te bespreek.

A report by Herbie van Zyl (15) about a break-away weekend with his father and two brothers.

Hello Ma

Dit was vandag vadersdag en jeugdag. Pa het gery en ons het kos gemaak.

Die naweek was cool. Op Clanwilliam het ons elkeen 2 warm, groot gebotterde askoeke gekoop. Daarna het ons na die pragtige middel van nÍrens gery. Dit was ‘n lang rit. Ons het middagete gebotterde brood en sop bo-op die berg geŽet, met die mooiste moontlike uitsig oor ‘n nÍrenswÍreld. (Dis nou die Ceres Karoo.)

Toe het ons weer opgepak en aangery en aangery en aangery. Ons het seker nie te ver gery nie, maar dit was seker teen 10km/h. (Lyk my die steil moeilike 4x4 deel het nie indruk op hom gemaak nie, want hy noem dit nie eers nie.)

Toe het ons by die Doringrivier gekom en daar was met klippe ‘n pad uitgepak in die rivier. (‘n Lang drif wat met seepgladde rivierklippe in ‘n L-vorm oor die rivier gepak is – 100 m of verder.) Daar het pappa nogal ‘n groot foutjie gemaak en amper vasgesit. Hy het met die kragtige 4ī4 soos ‘n waferse bul daar uitgeklim. Toe ons daar uit is, was dit seker so 4 uur.

Daarna was die roete nie te moeilik nie. Na ‘n hele tyd ry ons af van die berg af en voor ons sien ons niks.

Dit was ernstig niks. Pa sÍ toe dit is die Ceres Karoo . Daar was vir so ver jy kon sien niks nie. Seker net 3 murasie en 5 bome.

So ry ons toe aan en kom by ‘n windpomp. Vreeslik verheug spring almal uit om uit die dam te gaan water drink. Die water is helderskoon en lyk lieflik. Pa vat toe sommer ook ‘n sluk en ons hoor net die vreemdste geluide hoorbaar. Die boorgatwater is toe vol kruit. Vinng hardloop Pa kar toe en gryp ‘n blikkie coke nader. Arme man.

Ons ry toe weer verder en kom na ‘n ver ent by die boer se plaas. Goedhartig word ons ingenooi.

Later ry ons na ons kampplek toe en kamp toe sommer op ‘n lappie stof onder die bloekombome. Ons het toe ‘n gat gegrawe waarin ons moes vuurmaak. Ons het varkvleis, brood en wors geŽet. Die koffie het opgeraak, maar gelukkig het pa rooibostee ook ingepak.

Dit was glad nie so koud soos ons gedink het dit sal wees nie. So 10 uur se kant het ons al ingekruip.

Toe ek die volgende oggend opstaan is pa en Johan al besig met ‘n vuurtjie en om die water aan die kook te kry. Ons het die 2 dae nie 1 keer die gasstofie aangesit nie. Ons het die water op die vuur gekook, vleis, wors en brood daarop gebraai en sommer vanoggend die eiers op die vuur gebak.

Amper vergeet ek van die gerookde spek wat ons ook gemaak het. (Hulle kon nie verstaan dat die vuur ‘n rookgeur in die oop potte indra nie. En hier in die stad betaal ons so duur vir allerhande disse wat gerook is.)

Te lekker. Ek glo Ma se mond is nou aan die water. Maar in elk geval. Ons is toe later daar weg en ons vat die doodste, leegste pad.

O Ja. Ons ry nog so rustig, half aan die slaap, en ek sien skielik vlieg hier een of ander voŽls op (Dit was kraaie.).

Terwyl ons verby ry, kyk ons en daar sit ‘n witkruisarend op ‘n klip, seker 2 meter van die pad af. Abrie hou toe vinnig stil, maar die arend vlieg toe op. Dit sou ‘n rare foto gewees het, as hy maar net bly sit het.  Die twee kraaie vlieg toe die hele tyd om hom en pik en skel hom. Hy het seker naby hulle kuikens gekom. Daardie voŽl was mooi!!. Om te dink mens doen in die middel van nÍrens sulke ervarings op. (Min mense het die ervaring om ‘n witkruisarend van sů naby te sien.)

Maar om ‘n lang storie kort te maak. Die naweek was baie lekker en ons mis ma vreeslik.

Lekker bly en kom veilig tuis.

Liefde, groete

Herbie